LettersOpinion

Gemeenskappe moet saamstaan

Dit het maklik geword om ander pad te kyk, maar van ander pad kyk stort ons land in duie.

Alfred Bezuidenhout skryf per e-pos:

Ek verwys na die berig op die voorblad van die Herald van 18 September (Gemeenskap staan saam toe vlamme huis verswelg).
Ongelukkig lewe ons nou in ‘n wêreld waar ons na onsself moet kyk. Ek haal my hoed af vir elke persoon wat gehelp het.

Dit het maklik geword om ander pad te kyk, maar van ander pad kyk stort ons land in duie.

Dit is noemenswaardig dat die woonbuurt hul eie brandweerwaentjie het. Ek is nie vertroud daarmee oor hoe lank die nooddienste geneem het om op te daag nie maar ek glo die ingryping van die gemeenskap het verhoed dat die skade groter was.

So sal ons maar self ons sypaadjies moet sny, die velde en parke oorkant ons huise skoon hou, strate gaan vee en bossies gaan uittrek.

Wanneer ‘n gemeenskap begin saamstaan word dit bietjie vir bietjie sterker en dit is waarna ons moet streef.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button