LettersOpinion

Bure kuier naweek in en naweek uit

"Ek kan nie dink dat die mense enige vorm van sosiale distansiëring handhaaf nie."

Inwoner skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief van Willem van den Berg (Drank verbod is ‘n goeie ding).

Ek stem 100 persent saam met hom. Ons bly in Gardinerlaan en daar is ‘n huis in ons straat waar mense naweek in en naweek uit, baljaar.

Ek bedoel hulle is die hele naweek besig.

Die jong mense begin hul manewales op ‘n Vrydag middag en daar was al naweke wat die musiek eers Sondagaand einde kry.

Ek kan nie dink dat die mense enige vorm van sosiale distansiëring handhaaf nie.

Ek bly sowat vier huise van hulle en ek kan hulle hoor praat (skree) op die vêrste punt van my erf.

Ek is seker die verbod op die verkoop van alkohol gaan hulle glad nie stop nie want die ‘habit’ het al begin op vlak 4, toe drank glad nie veronderstel was om verkoop te word nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button