Editor's choiceLettersOpinion

Drank verbod is ‘n goeie ding

Vir my part kan die regering maar drank vir altyd verban.

Willem van den Berg skryf per e-pos:

Ek was Sondagaand baie bly om te hoor dat daar weer ‘n verbod geplaas is op die verkoop en verspreiding van drank.

Ek en my vrou (ons bly in Brakpan-sentraal) geniet nou en dan ‘n drankie, maar my bure (soms tel ek tot 12 mense in die huis) drink elke dag.

Sommige naweke wanneer hul kuier is daar meer.

Naweke kan ons mekaar nie hoor nie en my twee jong kinders wat nog in die dag slaap moet met die lawaai in hul ore probeer slaap.

Sosiale distansiëring bestaan ook nie by die mense nie. Ek het al oral gaan kla waar ek kan kla, maar dit help nie.

Ek het eenkeer die mense gevra om te kalmeer en toe word ons gevloek. Ek is bang vir my vrou se veiligheid en daarom het ek maar opgehou.

Met die eerste verbod op drank verkope het die baie rustiger gegaan. Ek hoop dit sal weer so wees. Alhoewel die mense steeds gedrink het (weet nie waar hulle die drank gekry het nie).

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button