LettersOpinion

Hand-ontsmettingsmiddel lyk soos afgewaterde melk

Hierdie besighede moet vasgevat word.

Ontevrede skryf per epos:

Ek wil nie graag name van plekke noem nie, maar daar is winkels in die dorp wat nie goeie hand-ontsmettingsmiddels gebruik nie.

Ek was Woensdag by ‘n plek in waar dit gelyk het of daar afgewaterde melk in die houer was.

Die houer was ook nie baie skoon nie.

Ek wou regtig nie hê dat die persoon dit op my hande spuit nie, maar ek was ook nie lus vir moeilikheid nie.

Ek het my masker vir ‘n oomblik van my neus weggeskuif om dit te ruik en dit het regtig na niks geruik nie.

Ek is seker daar was net water met iets, wat dit wit gekleur het (dalk melk) in die houer.

Hierdie besighede moet vasgevat word.

Ons neem ‘n waagkans om winkels toe te gaan omdat ons goed nodig het dan moet winkeleienaars maar uithaal en wys vir goeie kwaliteit hand-ontsmettingsmiddels.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button