LettersOpinion

Man onbeskof toe sy temperatuur geneem word

Dit is vir niemand lekker om in 'n ry te staan nie, maar dit is vir ons almal se veiligheid.

Ek was Donderdag by ‘n besige supermark in die dorp waar die korrekte maatreëls ingestel is om die publiek teen Covid-19 te beskerm.

Ons het geduldig in ‘n ry by die deur gestaan, soos dit maar van almal verwag word.

Ons temperatuur is geneem, en ons hande is ontsmet.

Daar was ‘n man voor my wat die hele tyd gekla het en toe sy temperatuur geneem moes word, was hy baie onbeskof met die persoon wat dit gedoen het.

Hy het gesê dat sy tyd gemors word en dat die apparaat nie akkuraat is nie. (Die man se temperatuurlesing was normaal).

Hy is ook gevra om sy masker, wat net sy mond bedek het, oor sy neus te trek en hy het geweier.

Die man het ‘n denim en ‘n wit en blou streep hemp gedra met ‘n rooi pet op sy kop.

Ek hoop hy lees hier, want hy moet besef dat hy deur sy traak-my-nie-agtige optrede ander mense se lewens in gevaar stel.

Dit is vir niemand lekker om in ‘n ry te staan nie, maar dit is vir ons almal se veiligheid.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button