Editor's noteLettersOpinion

Kospakkie kikker bejaarde se dag op

Uit die diepte van my hart wil ek almal wat betrokke was bedank.

Alicia Pretorius skryf per e-pos:

My ma (73) woon in die woonstelle by Tweedy Park.

Sy het my verlede Donderdagoggend gebel en gesê dat sy ‘n kospakkie van ‘mense van die kerk’ ontvang het.

Sy het genoem wat in die pakkie was en ek kon hoor dat sy opgewonde was.

Ek is nie seker wie die mense is nie.

Ons is gelukkig in die posisie om te voorsien wanneer my ma nie het nie, maar daardie klop aan haar deur en die ‘geskenk’ (soos sy dit genoem het) wat sy gekry het, het vir haar baie beteken.

Sy het vertel hoe die mense op en af geloop het om vir almal ‘n pakkie te gee.

Ek kon hoor dat sy sommer opgewek was.

Uit die diepte van my hart wil ek almal wat betrokke was bedank.

Julle het nie net kos voorsien nie, julle het baie mense wat eensaam en verveeld is se dag gemaak.

Mag julle geseën word.

Lees: Kospakkies bring verligting vir bejaardes

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button