LettersOpinion

Mense steur hul nie aan inperking

Mense wat probeer om by die inperking reëls te hou lei onder die selfsugtigheid van ander.

Inwoner skryf per e-pos:

Ek weet nie wat gaan aan met die mense van Brakpan nie. Dit is asof daar geen inperking is nie. Die strate is wel stiller maar ek sien elke dag (ek mag werk en my werk vereis dat ek ry) soveel mense op straat.

Dit is asof party nie eens bewus is daarvan dat ons land en ons dorp in nood verkeer nie.

Ek het gesien dat die polisie die mense, wat in die asblikke grou, toegesluit het. Hoekom word die mense wat so lekker rondloop nie ook gevang nie.

Hoe langer mense nie gaan luister nie hoe langer gaan die inperking word.

Die mense drie huise van ons het die naweek gebraai en daar was seker drie ander voertuie met mense wat daar opgedaag het.

Dit is mos nie reg nie. Mense wat probeer om by die inperking reëls te hou lei onder die selfsugtigheid van ander.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button