Editor's choiceLettersOpinion

Daar is kommer en angs op mense se gesigte

Ek wil graag mense weer sien glimlag en nie frons agter maskers.

Anka Bruwer skryf per e-pos:

Aan die begin van die inperking was ek gestres daaroor aangesien my man die enigste broodwinner is.

Gelukkig is sy maatskappy goed vir hom en hy kan van die huis af werk. Dit is in ‘n mate vir ons lekker om tyd saam te spandeer alhoewel ons ook bekommerd is oor ons kinders wat nog nie terug is skool toe nie.

Wat ek eintlik wil sê, is dat ek baie jammer voel vir al die mense wat nie meer kan bedel en probeer om iets te doen om ‘n geldjie te verdien nie.

Ek was nou al ‘n paar keer na ‘n winkel om die nodige goed te kry en ek kan die kommer en angs op baie mense se gesigte sien.

Ek kry veral die bejaarde mense baie jammer maar ook die wat nou sonder werk sit.

Ek bid elke aand dat daar uitkoms sal wees en dat hierdie vreeslike ding wat ons land getref het sal wyk en dat ons lewens weer normaal sal kan word.

Ek wil graag mense weer sien glimlag en nie frons agter maskers.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button