Tekort aan geld vir pensioen uitbetaling is onaanvaarbaar

Baie van hulle moes ook ’n naweek sonder geld gewees het.

Anoniem, Brakpan-sentraal skryf:

Ek skryf hierdie brief met ’n hart wat uitgaan aan al ons bejaardes wat veronderstel was om hulle pensioen vanaf die 28ste tot die 30ste November te kon ontvang.

Alhoewel die oorspronklike betaaldag eers op 2 Desember was, het baie bejaardes soos gewoonlik by ’n sekere poskantoor in die dorp opgedaag om hulle pensioengeld te ontvang.

Daar was groot teleurstelling toe baie van hulle weggewys is omdat daar nie genoeg fondse beskikbaar was nie.

Lees ook: Moue word opgerol om bejaardes te help

Daar is net gesê om maar terug te gaan.

Hoeveel keer moet die mense op en af ry.

En baie van hulle moes ook ’n naweek sonder geld gewees het.

Dit gebeur ook byna elke maand en nie net met Desembermaand se uitbetaling nie.

Ek vind dit onaanvaarbaar.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version