Kinders te blameer wanner ouers bedel

Dit is net nie reg om jou ouers so te behandel nie.

Amanda Gouws skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 22 November (Hartseer om bejaardes daagliks te sien bedel).

Ek ry ook daagliks daardie roete en sien gereeld die bedelaars waarna die skrywer verwys.

Ek blameer daardie mense se kinders. Hoe kan enige mens jou bejaarde ma of pa by ’n verkeerslig gaan aflaai om te bedel?

Lees ook: Bedelaars wat rook of drink verdien nie hulp

Dit gaan maar broekskeur met die meeste van ons, maar dit is net nie reg om jou ouers so te behandel nie.

Wees dankbaar dat jy nog ouers het. Baie van ons het nie meer ons ouers nie.

En al was ek of my ouers (wat oorlede is) hoe arm sou ek hulle nooit in die warm son of bitter koue gaan aflaai het om te bedel nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version