Mooi sirkel sal Plastic City nie wegsteek

Daar sal sekerlik gestry word dat die opknappingswerk niks te make het met Plastic City nie.

Anoniem, Brakpan-sentraal skryf:

Ek is baie bly dat daar moeite gedoen word met die verkeersirkel in Anzac, by die ingang van die dorp vanaf Benoni.

Hoeveel die verfraaiing gaan help om die aandag van Plastic City af te lei is daar tog die vraag wat in my kop vassteek.

Daar sal sekerlik gestry word dat die opknappingswerk niks te make het met Plastic City nie.

Hopelik sal besoekers aan die dorp op die sirkel konsentreer en nie in die rigting van Plastic City kyk nie.

Ongelukkig voel ek dat ’n verkeersirkel, wat opgedollie is, nie daarin gaan slaag om Plastic City in die agtergrond te skuif nie.

Maar ek hoop dat die Ekurhuleni metro die werk sal voortsit en aandag gee aan al die ingange van die dorp.

Ons betaal immers belasting en dit is goed om te sien dat alles darem nie vermors word nie.

So, ek is beïndruk, maar terselfdertyd skepties.

Lees: Fietsryer voor Plastic City aangeval, in gat gegooi

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version