LettersOpinion

Oud-inwoner se hart gaan uit na gesin wat alles verloor in brand

Oud-inwoner se hart is stukkend wat met die mense oorgekom het.

Engela Van Der Westhuizen skryf per e-pos:

Na aanleiding van die artikel op die webtuiste van die Brakpan Herald (Gesin platgeslaan na brand hul huis in puin lê)

Ek het die voorreg gehad om einde 2017 vir Beverly en Basil Fritz te ontmoet. Ek het eendag verby hulle huisie gery en die nood sien druk.

Ons was op daardie stadium besig om te verhuis Pretoria toe en het dit goed gedink om vir hulle huishoudelike items te gee wat ons nie saam met die trek sou vat nie.

Beverly is ‘n dierbare, saggeaarde mens en Basil ‘n hard werkende pappa.

Ek het ook vir Beverly gehelp om haar seuns se geboorte sertifikate te bekom en het ook die plaaslike skool genader om te help met die seuns, sodat hulle weer skool toe kon gaan in die nuwe jaar.

My hart is stukkend oor wat hierdie mense oorgekom het gister.

Ek wil vandag as ‘n oud inwoner van Brakpan vra, of iemand nie groot asseblief kan sien om hierdie mense te help nie.

Ek sit in Pretoria en kan nie eers kontak maak met Beverly nie.

Ek is nie iemand wat sommer vra nie, maar vandag vra ek dat die gemeenskap van Brakpan asseblief ook moet saam staan vir Beverly en haar gesin.

Ons is almal menslik en ek weet dat hierdie storie van Beverly ook mense se harte sal aanraak, nes Beverly myne aangeraak het.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button