Weldoener word gesoek

13-Jarige is deur 'n motoris raakgery.

Surita Mylie, Brakpan-sentraal, skryf:

My dogter, Chrystal Mylie (13), is op 5 April vanjaar op die hoek van Voortrekkerweg en Prince Georgelaan deur ’n motoris raakgery.

Die ongeluk het net na 9vm plaasgevind.

Haar pelvis is gekraak en sy het verskeie ander skraap- en skaafwonde opgedoen.

Daar was ’n bejaarde vrou wat dadelik die ambulans ontbied het en ook familielede in kennis gestel het van die ongeluk.

Ons het nooit die geleentheid gekry om die vrou te bedank nie en ons wil graag met haar in verbinding tree.

Sy kan my kontak by 061 152 8406.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Exit mobile version