LettersOpinion

Die dorp se mense gee om vir mekaar

Brakpan is eintlik "awesome".

Trotse inwoner van Dalpark skryf:

Iemand het my so drie weke gelede gevra hoekom ons in Brakpan bly.

Ek het my half vererg, want die persoon, wat net ’n kennis is, het neerhalend van die dorp gepraat.

Toe ek Vrydag my Brakpan Herald in my hek kry, het ek weer besef dat Brakpan eintlik “awesome” is en het ek gewens dat daardie persoon by my was sodat ek haar kon reg help.

In hierdie dorp gee mense nog om vir mekaar en gebeur daar nog dinge.

Daar word komberse en ander warm goed vir die arm mense bymekaar gemaak (bladsy een). Die polisie doen nog hulle werk (bladsy drie). Hoërskool Die Anker se leerders skenk gereeld bloed (bladsy drie), die dorp word ’n eeu oud (bladsy drie), ’n vriendelike werker gee 20 jaar diens aan haar werkgewer (bladsy vyf), kinders leer om entrepreneurs te wees (bladsy 12), Brakpan kan trots wees op sy stoeiers (bladsy 16).

Ek is nie skaam vir my dorp of sy mense nie. Ek bly al hier vandat ek 12 jaar oud is en my man is hier gebore. Ons was net twee jaar in die Vrystaat weens werk, maar ons verruil die plek vir niks. Die mense wat alewig grappe maak kan ook maar hul monde hou.

Lees: Dorp is ’n eeu oud

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button