Editor's choiceLettersOpinion

Eintlike probleem by die Brakpan Dam word oorgesien

Die Ekurhuleni Metro het nie hul prioriteite agter mekaar nie.

Anton Vermeulen, Brakpan-sentraal skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 15 Februarie (Dam upgrade project gets underway).

Ek is jammer om te sê maar die Ekurhuleni Metro het nie hul prioriteite  agter mekaar nie. ‘n Mens moet seker opgewonde raak oor die voorgestelde opgradering by die Jan Smuts Park maar die groter prentjie word mis gekyk.

Ek woon naby die dam en op die oomblik is dit ‘n seeroog. Die Metro kan soveel voetpaadjies en wat ook al daar oprig maar my vraag is; wanneer gaan die hiasinte probleem behoorlik aangespreek word?

Gaan ons al hierdie fasiliteite hê met ‘n dam vol hiasinte en plante, wat op die damwal lê en vrot.

Dit gaan my verstand te bowe dat geld bestee word aan fasiliteite wanneer die eintlike probleem bloot oorgesien word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button