Editor's noteLettersOpinion

Mense is gou om te kritiseer

Dit is bitter jammer dat ons polisiestasie nie as die beste in die land aangewys is nie.

Anika van der Merwe, Dalview skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 1 Februarie (Town can be proud of the Brakpan SAPS).

Dit is bitter jammer dat ons polisiestasie nie as die beste in die land aangewys is nie. Ek was in Desember by die aanklagkantoor om ’n navraag vir my seun te doen.

Die persoon (vrou) wat my gehelp het was vriendelik en baie geduldig. Die gebou was ook netjies en skoon. Ek was sommer trots toe ek daar uitgeloop het.

Ons mense is baie gou om te kritiseer maar ons moet onthou dat elke polisieman of –vrou elke dag hul lewe op die spel plaas om ons te beskerm.

Ek dink nie hulle kry altyd die eer en dankie wat hulle toekom nie.

Ek ek my gesin bly die afgelope ses jaar in die dorp en ek moet sê dit verskil hemelsbreed van die dorp waar ons eers gebly het.

So, al het die polisiestasie ’n tweede plek behaal is dit nog steeds baie goed. Vir my is julle nommer een.

Baie dankie vir julle harde werk.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button