Editor's choiceLettersOpinion

`Groceries’ koop is `hectic’ vir dié twee pelle

Aan al die vroue daar buite wat elke dag moet sorg dat alles gekoop word – sterkte vir die res van die jaar – ons het nie ‘n keuse nie.

Annemarie van der Waldt, Brakpan-sentraal skryf:

Daar is soveel negatiewe dinge vandag in ons lewe dat ek voel ek moet hierdie met almal deel. (Veral met vroulike lesers).

Dit het my dag gemaak en ek hoop dit maak ander se dag ook.

Ek was die naweek by Sherwood Pic n Pay en twee mans was besig om inkopies te doen.

Soos ek kon aflei, uit die items in hul mandjie, was hulle besig om goed te koop vir ‘n braai.
Daar was hout, steenkool, vleis, koeldrank, rolletjies en ‘n paar ander goed.

Die een man sê toe ewe skielik vir sy maat: (Die sin het begin met ‘n vloekwoord):
“…. Hierdie blerrie `ge-shopping’ is nie vir my nie. Dis die laaste keer dat ons vrouens ons winkel toe stuur. Ek sal die bottelstoor doen maar `groceries’ koop is `hectic’ my ou.”

Sy maat het dadelik met hom saamgestem.

Ek kon nie help om lekker te lag nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button