Vrou se opmerking versuur prysuitdeling

“As ’n mens deesdae geld het is jou kind gemaak.”

Ouer skryf per e-pos:

Ek en my man ontvang beide ’n baie gemiddelde inkomste en het twee kinders vir wie ons ons beste probeer doen.

My dogter is in ’n laerskool van die dorp en die jonger een is in ’n kleuterskool. Ons kind is talentvol en probeer haar bes in alles wat sy doen.

Daarom het sy by haar skool se prysuitdeling, wat ’n rukkie gelede gehou is, ’n paar toekennings gekry.

Ek en haar pa was baie trots totdat ’n opmerking van ’n ander mamma die aand vir ons versuur het.

Die vrou het waarskynlik nie geweet ons is haar ouers nie en sy het toe opgemerk dat: “As ’n mens deesdae geld het is jou kind gemaak.”

Ek het dit oorweeg om die vrou reg te help maar wou nie ’n onaangename situasie skep nie.

Wat sy nie weet nie (en ek hoop regtig sy lees hierdie brief en ook ander ouers wat dink geld koop jou kind se toekennings) is dat ons nie ’n oorvloed van geld het nie. Inteendeel, ons moet ook maar slim begroot om kop bo water te hou.

Ons kind kry baie liefde en aandag en ondersteuning en sy werk hard. Dit is al. Geld speel geen rol nie.

My moederhart het geswel van trots wetende dat my kind elke toekenning verdien het.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version