LettersOpinion

Leeglêers laat vroue uit begraafplaas vlug

"Ons het skaars vyf minute by die begraafplaas gebly en toe liewer maar weer gery want ons het bang geword."

Bonita Smith skryf per e-pos:

Ek en my suster het Sondag my man se graf by die Brakpan begraafplaas besoek.

Ek gaan nie gereeld daarheen nie, juis omdat ek nie baie veilig voel nie. Dit was regtig nie lekker om te sien dat die grafsteen omgestamp is nie.

Wie sal daaruit genot put om ’n graf te verniel? Nou moet ek geld betaal om dit reg te maak. Maar dit is nie al wat ons gepla het nie. Daar was twee mans wat daar rondgeloop het en heeltyd vir ons gekyk het.

Lees ook: Is goed dan nie eens veilig in die begraafplaas nie?

Dit was vir my duidelik dat hulle nie daar was om ’n graf te besoek nie maar ek dink hulle wou eerder moeilikheid maak. Dit het ook gelyk of hulle ’n vuur gemaak het.

Ons het skaars vyf minute by die begraafplaas gebly en toe liewer maar weer gery want ons het bang geword. My man se wens was om begrawe te word maar ek dink dit is baie beter om veras te word. Op die manier hoef ’n mens nie al die drama te beleef nie.

Lees ook: Geen sekuriteit by begraafplaas skep probleme

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button