Verwydering van hiasinte gaan vir ewig duur

’n Verkwisting van geld is dit inderdaad want daardie boot het nie net ’n paar rand gekos nie.

Jan Vermeulen skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die Herald se voorblad van 5 Oktober (Boat to tackle invasive plants) asook die brief van Adriaan van der Merwe in die Herald van 12 Oktober (Metro verkwis net geld).

Ek wil baie graag teenwoordig wees wanneer die hoë spoed boot op die dam ingespan word. Ek het vir baie jare by die dam vis gevang en ek weet vir ’n feit dat daar plekke in die dam is wat baie vlak is.

Daardie boot gaan vassteek soos ’n esel en mense gaan seerkry.

Waarom wil die metro ook so ’n spoggerige boot gebruik om die hiasinteprobleem te probeer oplos.

Dit maak vir my net mooi niks sin nie.

Die metro het kwansuis groot planne vir die dam maar dit gaan seker nie in my leeftyd (ek is 55) gebeur nie.

Dit is nie meer veilig om op enige plek vis te vang nie en ek het altyd veilig gevoel by die Brakpan Dam. Nou kan ons nie eers meer by die hek ingaan nie.

Glo my, daardie boot is nie die antwoord nie, nog minder die metode wat tans gebruik word. Dit is soos om ’n naald in ’n hooimied te soek.

Dit gaan vir ewig duur.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Exit mobile version