LettersOpinion

Ongelukke op dié hoek is nie meer snaaks

Motoriste stop oor die algemeen doodeenvoudig nie by die stopstraat nie.

’n Inwoner van Brakpan-sentraal sit met haar hande in haar hare asook groot skade nadat die buitemuur van haar huis binne vyf dae twee keer plat gery is.

Amelia Kruger, wat die afgelope 12 jaar op die hoek van Highstraat en Stoffberglaan woon, meen dit is net ’n kwessie van tyd voordat ’n noodlottige ongeluk op dié hoek gaan plaasvind.

“Motoriste stop oor die algemeen doodeenvoudig nie by die stopstraat nie en benewens die feit dat my muur in ’n week se tyd twee keer plat gery is, was daar ook ander soortgelyke voorvalle by my bure,” het Kruger vertel.

Verlede Dinsdagoggend ongeveer 7vm het sy haar boeglam geskrik toe ’n vrou, met ’n kind in die voertuig, deur haar muur gebars het en in haar erf tot stilstand gekom het.

“Twee voertuie was betrokke in die ongeluk en die kind, asook ’n vrou in die ander kar, het seergekry,” het Kruger vertel.

Lees ook: Twee vroue, ses jong kinders agter gelaat na ongeluk

“Ons het dieselfde dag nog die muur laat herstel, wat ons R8 500 uit die sak gejaag het, maar ons het nie ’n keuse gehad nie.”

Saterdagaand ongeveer 7nm kon Kruger nie haar ore glo toe sy weer hoor hoe ’n voertuig deur haar muur bars nie.

“Die keer was ’n privaat voertuig en ’n voertuig van die EMPD betrokke en die privaat voertuig het deur my muur gebars.

“Daar was weer eens mense wat beseer is en natuurlik het ons weer met ’n stukkende muur gesit,” het Kruger gesê.

Volgens haar vind daar op ’n gereelde basis ongelukke op dié hoek, wat ‘n twee rigting stopteken het, plaas.

“Ek word eintlik yskoud as ek hoor hoe mense remme aanslaan, want dit word normaalweg gevolg deur ’n slag.

“Ek weet nie wat die oplossing is nie maar ek glo dit is net ’n kwessie van tyd voordat iemand hul lewe gaan verloor.”

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button