LettersOpinion

Honde in die huis help nie veel

Inwoners moet versigtig wees, honde vergiftiging neem toe.

Diereliefhebber van Brakpan-sentraal skryf per e-pos:

Waarom kan diewe nie net vat waarvoor hulle gekom het, sonder om ons arme honde te vergiftig nie?

Ek is ’n ma wat nou elke dag moet sien hoe hartseer my kinders is oor ons twee honde wat verlede week gif ingekry het.

Die een hond was twee jaar saam met ons en die ander een het ons vir vyf jaar gehad.

Die ergste van alles is, is dat my seun, wat maar agt jaar oud is, afgekom het op die honde wat in ons erf gelê het.

Probeer jou honde ten alle tye veilig hou. (Picture Stock)

Daar is ook niks gevat nie, wat my laat wonder of die skelms gaan terugkom.

Almal het nou vir my gesê dat ek liewer die honde in die huis moet hou in die nag, maar wat help dit?

Ons het die diere gekry om ons ore te wees en in die huis sal dit nie help nie.

Nou sit mens met die stryd of ons weer ’n hond moet kry of nie.

Ek wil nie my kinders weer so hartseer sien nie en ek wil ook self nie weer so iets beleef nie.

Ons leef al klaar in tronke soos dit is. Wat moet ons nog doen om veilig te wees?

Lees ook: Veearts waarsku: Honde vergiftiging neem toe

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button