Editor's choiceLettersOpinion

Skietery by begrafnis is onaanvaarbaar

Die skietery het soos 'n klein oorlog geklink.

Inwoner, Brenthurst skryf per e-pos:

Brenthurst is besig om so slegte naam te kry en Sondag was die kersie op die koek.

In plaas daarvan dat ek en my gesin ’n rustige Sondagmiddag kon ervaar moes ons luister na wat na ’n klein (of eintlik groot) oorlog geklink het.

Dit gaan my verstand te bowe dat dit aanvaarbaar is dat begrafnisgangers na willekeur skote in die lug kan afvuur. En ek is seker daarvan dat ons skote van ook outomatiese wapens gehoor het.

Lees ook: Die skote klap in Brenthurst

My twee jong kinders was vreesbevange en ek moes my honde in die huis bring.

Dit is ook nie die eerste keer dat dit gebeur tydens ’n begrafnis nie, maar hierdie keer was dit net te erg.

Ek hoop van harte dat die EMPD en die SAPD in die vervolg sal optree teen hierdie mense wat die wet oop en bloot oortree.

Ek wonder ook maar net hoeveel van daardie vuurwapens onwettig is.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button