Editor's noteLettersOpinion

Kombers smous steel bejaarde se juwele

Die bejaarde is deur 'n slinkse manier gevang.

Inwoner skryf per e-pos:

Hiermee wil ek net ’n waarskuwing aan alle inwoners rig om versigtig te wees en nie net enigiemand te vertrou nie.

My bejaarde moeder is Maandag (4 Junie) op ’n slinkse manier deur ’n man wat komberse verkoop gevang.

Sy het hom vertrou en sodoende van haar kosbare juweliersware in die proses verloor, deurdat hy kamstig vir haar geld sou gee vir goue en ander juweliersware.

Die man het van haar juwele gevat sonder dat sy geweet het.

Hy sou kamstig vir haar nog geld gaan trek het want hy het nie genoeg geld by hom gehad nie.

Sy het eers na die tyd gesien dat hy een van haar kosbare ringe sonder haar toestemming gevat het.

Ek wil net alle bejaardes waarsku.

Wees versigtig en moet nie sommer enigiemand vertrou nie.

Lees ook: Bejaarde inwoner nooi diewe in haar huis

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button