Onwettige bedrywighede by plakkerskamp pla

Ongelukkige inwoners is bekommerd oor die onwettige bydrywighede wat plaasvind by Plastic City.

André Badenhorst, Anzac skryf:

Ek het die afgelope tyd opgemerk dat daar nou van groot masjinerie gebruik gemaak word om grond by Plastic City om te dolwe.

So ons het nou nie net te make met die versameling van plastiek nie, maar onwettige myn aktiwiteite vind op groot skaal en oop en bloot plaas.

Dit is tog sekerlik nie wettig nie en die gate wat gegrou word is diep. Hoe lank gaan dit nog neem voordat iemand een of ander vorm van aksie gaan neem.

Ek woon al 30 jaar in Anzac en probeer die afgelope sewe jaar my huis, sonder enige welslae, verkoop.

Met die winter op hande gaan ons ook nou weer moet saamleef met die toename in rook wat elke dag oor die plakkerskamp hang.

Ek sê nie die mense moet sonder ’n heenkome gelaat word nie maar skuif hulle tog net na ’n plek waar dit vir almal ’n oplossing sal bied.

Redakteur se nota: ’n Berig oor die omdolwery van grond in die plakkerskamp verskyn op bladsy een van hierdie uitgawe.

Lees ook: Hired excavator used for illegal mining

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version