Kinders moet lank in voertuig sit

Die kinders was tussen die ouderdom van vyf en nege jaar.

Ek het Sondagoggend iets beleef wat ek baie ontstellend gevind het.

Ek het saam met my gesin na die Mall@Carnival gegaan waar ons iets gaan eet het.

Ons was net voor 10.30vm daar en het ’n parkering voor ’n wit Ford Bantam bakkie gekry. Ek het opgemerk dat daar drie kinders voor in die bakkie gesit het.

Die kinders was tussen die ouderdom van vyf en nege jaar, as ek moet skat.

Ek het vir my man gesê dat dit nie regverdig van die ouers is om die kinders so in die voertuig te laat sit nie. Hy het nogal opgemerk dat die mense seker nie te lank sou wees nie.

Lees ook: Rata het hulp nodig

Ons het gaan eet en daarna ’n paar goedjies gaan koop en na sowat ’n uur en ’n half na ons voertuig teruggekeer.

Daardie drie kinders was steeds in die bakkie! Ek wou graag wag vir die ouers om hulle aan te spreek, maar ons was nie lus vir konfrontasie nie en het besluit om liewer die saak daar te laat.

Gelukkig was dit nie te warm nie en die vensters van die bakkie was bietjie afgedraai.

Hoe kan ouers so selfsugtig wees? Ek kon nie help om heeldag aan daardie drie kleintjies te dink nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version