Editor's noteLettersOpinion

Die plek is ‘n nes vir euwel om uit te broei

Eens trotse inwoner skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in de Herald van 23 Februarie (Ons voel nie meer veilig nie).

Dit Ekurhuleni Metro moet baie vinnig wakker skrik en die ou kiosks (of wat van dit oor is) gaan afbreek.

Dit is ‘n skande om te sien hoe die, eens florerende wandellaan, nou daarna uitsien.

Dit is ‘n nes vir euwel om uit te broei.

Gelukkig hoef ek nie gereeld in die area te kom nie maar dit is heeltemal onaanvaarbaar hoe die plek daarna uitsien.

En op dieselfde noot dit lyk ook nie of daar ooit vordering by die dam gaan kom nie. Dit lyk of die hiasinte daar is om te bly.

Hierdie dorp van ons is werklik in ‘n haglike toestand.

Lees ook: Twee beseer toe staalstruktuur in ou wandellaan val

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button