LettersOpinion

Jong kindertjies, wat vir kos bedel, reën papnat

Adj-off Jan Roos skryf per e-pos:

Ek wil graag deur middel van hierdie skrywe lede van die Brakpan Radio Groep bedank, wat Sondagaand (11 Februarie) blitsvinnig gereageer het toe ek ’n situasie onder die groep se aandag gebring het.

Ek het vroegaand twee baie jong kinders (ongeveer vyf of ses jaar) in Derbylaan gesien bedel vir kos. Dit het gereën en die kleintjies was papnat.

Ek het uitgevind waar hulle woon en wat die omstandighede is. Nadat ek ’n versoek aan die Brakpan Radio Groep gemaak het, het lede letterlik na die huis, waar die kleintjies bly, gestroom met donasies.

Lees ook: Jong mense gee nie om vir ouers

Skenkings van kos, babadoeke en –formule, klere, toiletware, ens. is na die huis geneem.

Lede van die groep het selfs Maandagaand weer kos en ander donasies na die huis geneem.

Dit is verblydend om te sien dat ’n groep mense so kan saamstaan en kan help waar daar nood verkeer.

Ek het groot waardering en bewondering vir elke lid wat nie geskroom het om te help nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button