Editor's choiceLettersOpinion

Vermoorde polisieman se verloofde sé dankie

Mariaan van Wyk skryf per e-pos:

Ek wil graag almal wat my op een of ander manier te hulp gesnel het, op die dag toe my verloofde, kapt Jaco Pretorius dood geskiet is, bedank. (Rowers skiet polisieman, Herald van 26 Januarie).

Daar was so baie mense wat gehelp het. Van hulle ken ek en ander was net vreemdelinge, wat op een of ander wyse hulp aangebied het.

Daar was dié wat die nooddienste aanhoudend gebel het, daar was iemand wat noodhulp op Jaco toegepas het en selfs die persoon wat vir my water gegee het.

Gerhard (van nie bekend) van Secure Tech het Jaco in sy voertuig gelaai en so vinnig as wat hy kon na die hospitaal gery.

Nooddiens personeel het my niggie (Marietjie Kriel), wat op die toneel agter gebly het, bygestaan toe ek saam met Gerhard na die hospitaal gery het.

Marietjie het my ook bygestaan met reëlings wat die begrafnis vooraf gegaan het.

Die personeel by Life Dalview Hospitaal was ook uiters behulpsaam.

Lees ook: Moord op kaptein in Minnebron: Dis hoe dit gebeur het

Dan was daar die ondersteuning van my vriende en familie en my kinders wat op die dag blitsvinnig aan my sy was.

ER24 het alles mooi hanteer op die toneel en Greg Macques van ER24 het met die reëlings by die hospitaal beheer oorgeneem.

Jaco se broer, Eugene van Wyk, wat alles na die voorval hanteer het, asook die begrafnisondernemers en die SAPD wat kort na die voorval ’n persoon gearresteer het.

Lees ook: Pas bekend: Een man vas na moord op Minnebron man

Jaco het ’n diens gehad, waar eer en respek aan hom betoon is deur sy kollegas, vriende en familie.

Ek wil ook die Herald bedank vir die berigte wat geplaas is.

Dit is ’n baie hartseer pad om te stap maar God sal ons dra.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button