Geweld wek kommer

Adel Vermeulen skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 26 Januarie (Rowers skiet polisieman).

Lees ook: Man sterf in Minnebron nadat rower hom in maag skiet

Hoe hartseer is dit nie? Ons woon ook in Minnebron en die voorval het ons diep geskok. ‘n Mens is op geen plek meer veilig nie.

Die geweld wat deesdae met misdaad gepaard gaan, is vir my kommerwekkend. Dit asof daar net nie meer waarde geheg word aan ‘n lewe nie.

Ons kan maar net op ons knieë gaan en bid dat daar vrede en rustigheid in hierdie land van ons sal kom.

Sterkte aan al die vriende en familie en ek hoop net dat geregtigheid sal seëvier.

Exit mobile version