LettersOpinion

Dis nie lekker om ouers se grafte af te skeep nie

Bernice Schutte van Dalpark skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 19 Januarie (Diewe plunder grafte).

Lees ook: Grafte word geplunder

Ek het baie begrip en meegevoel met die skrywer van die brief aangesien ek presies dieselfde ondervind.

My ouers is langs mekaar begrawe, in ’n redelike ou deel van die begraafplaas.

Ons het opgehou om blompotte en selfs blomme op die grafte te plaas.

Dit is nutteloos, want so vinnig as wat ’n mens dit doen word dit gesteel.

My man het selfs al sovêr gegaan as om die blompotte op die grafte vas te sement maar dit het nie eers gehelp nie. Die potte is afgebreek en nou lyk dit net slordig.

Dit is hoog tyd dat die Ekurhuleni metro goeie betroubare sekuriteit by die begraafplaas aanstel, op ’n 24-uur basis. Dit help nie om net in die week sekuriteit daar te hê nie.

Ek glo die plundery en diefstal vind juis naweke en saans plaas.

Dit is nie vir my lekker om my ouers se grafte af te skeep nie maar weens die omstandighede het ons nie ’n keuse nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button