LettersOpinion

Goeie diens ervaar by Binnelandse Sake

Elke personeellid waarmee ek te doen gekry het was vriendelik, hulpvaardig en baie bekwaam.

Michelle van Sittert skryf per e-pos:

Ek het onlangs Brakpan Binnelandse Sake besoek om aansoek te doen vir my ID-slimkaart.

Ten spyte van die feit dat die personeel gesukkel het met rekenaars wat kort-kort van lyn af was, het die hele proses slegs een uur geneem.

Elke personeellid waarmee ek te doen gekry het was vriendelik, hulpvaardig en baie bekwaam.

Ek het drie jaar gelede my paspoort ook by hierdie kantoor hernu en het dieselfde goeie diens ervaar.

Baie dankie vir julle standaard van goeie dien.

Doen so voort.

Lees ook:

Die algemene toestand van die dorp is skokkend

Vrou se brief aan astrante dief bring rustigheid

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button