Ma maak hart oop oor kind wat geboelie is

Ouer skryf per epos: Ek het drie kinders wat 18, 14 en 11 jaar oud is. Ek het vanjaar besluit om my 11-jarige kind in 'n ander skool te sit om vervoerprobleme uit te skakel.

Die skool waarin ek hom gesit het is letterlik om die hoek van ons huis en hy kon skool toe stap.

Ek verlaat die huis daagliks om 5.30vm en kon dus nie my kind by die skool aflaai nie.

Die eerste kwartaal by die nuwe skool was rof. My seun het sleg gedoen en het baie stil geraak.

Vriende, wat saam hom in die skool was, het my laat weet dat my seun deur omtrent agt kinders geboelie word.

My seun wou nie meer skool toe gaan nie en het amper elke dag gehuil dat hy nie in daardie skool wou wees nie.

Hy het twee keer by die huis met blou oë aangekom.

Die dag, toe ek sy rapport moes gaan haal het, het ek met my seun se klasonderwyser gepraat oor die boeliery en haar woorde aan my was: “Wat wil jy hê moet ek daaraan doen?”.

Ek het besluit om my kind uit die skool te haal en hom weer by sy vorige skool in te skryf.

Ek is na die kantoor om sy oorplasingsertifikaat te kry.

Die hoof het my genader en gevra waarom ek my seun uit de skool wou haal?

Ek het aan die hoof verduidelik en die hoof het gevra dat ek die skool nog ‘n kans moes gee sodat hulle die boeliery kon uitsorteer.

Alles het baie belowend geklink en ek het toe die fout gemaak om die skool ‘n tweede kans te gee.

Weereens het my seun elke dag gehuil en het selfs lelik met my begin raak.

Hy het begin terugpraat en skree op my. Ek het mooi met hom gepraat en toe met ‘n skok uitgevind dat hy nog steeds geboelie word.

Met die aanbreek van die derde kwartaal het ek my seun uit die skool gehaal.

Lees ook:

Brakpan skole kan betrokke raak by unieke anti-boelie projek

By dié skool word boelies nie geduld nie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Exit mobile version