LettersOpinion

Bejaardes behoort nie so te sukkel nie

Inwoner, Dalview skryf: Daar is net nie genoeg plekke vir sulke mense in ons dorp nie.

Inwoner, Dalview skryf:

Dit is vir my baie hartseer om te sien hoeveel mense deesdae bedel.

Wat my opval is dat baie van hierdie mense oud is.

Vir hulle sal ek nog ‘n geldjie in die hand stop en my hart was seer toe ek nou die dag met ‘n baie bejaarde man gesels het. Hy het by die verkeerslig by die Life Dalview Hospitaal gestaan.

Die verkeerslig was rooi en ek kon gou met hom praat.

Hy het vir my gesê dat hy 76 jaar oud is en dat hy in ‘n buitekamer in Brakpan-sentraal woon. Hy ontvang ‘n staatspensioen, maar moet R1 000 vir sy blyplek betaal.

Hy het geen familie nie en bedel geld vir kos. Ek kon sien die man is opreg en eintlik skaam.

Daar is net nie genoeg plekke vir sulke mense in ons dorp nie.

Hierdie is maar een persoon, maar ek glo daar moet honderde ander wees. Geen bejaarde behoort so te sukkel nie.

Hierdie man was baie opreg. Dan kom ‘n mens by die volgende verkeerslig en daar staan ‘n gesonde, jong fris man wat bedel.

Vir sulke mense voel ek vere maar daardie ou man spook baie by my. Ek het hom nou vir ‘n paar weke nie gesien nie en ek hoop maar net dat hy veilig is.

Lees ook:

Geen ander keuse as om snags buite te slaap nie

Gevriesde water laat bedelaars glimlag

‘Ons bly onder ’n boom, want ons kry nie werk nie’

Mense op straat verdien beter

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button