Editor's noteLettersOpinion

Hierdie ding ruk nou lelik hand uit

Manie Vermeulen skryf per e-pos: ‘n Vrou het my nou die dag amper bokveld toe gestuur toe sy nie by 'n stopstraat in Dalpark stilgehou het nie.

Manie Vermeulen skryf per e-pos:

Ek verwys na die brief in die Herald van 18 Augustus (Rooi sê tog stop).

Ek is baie verlig dat ek nie die enigste persoon is wat ‘n probleem het met mense wat nie hulle padreëls ken nie.

Die skrywer van die brief is heeltemal reg. Mense wat bestuur weet nie meer wat padreëls is nie (wel ten minste 50 persent van alle mense wat bestuur).

Ek het nie net ‘n probleem met mense wat by rooi ligte stop nie, maar dieselfde geld vir stopstrate.

Ek sien elke liewe dag hoe mense net oorjaag sonder om eers links of regs te kyk. Dit werk mos nie so nie.

‘n Vrou het my nou die dag amper bokveld toe gestuur toe sy nie by ‘n stopstraat in Dalpark stilgehou het nie.

Ek bedoel nie daardeur dat dit net vrouens is wat oortree nie. Mans is ewe skuldig en ek praat nie eers van jongmense nie.

As daar te min verkeersmense is om die werk te doen sal ek voorstel dat die metro vinnig nog mense aanstel want hierdie ding ruk nou lelik hand uit.

Lees ook:

Sommige motoriste is padvarke

Ongeskikte bestuurder vra omverskoning

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button