Motoriste stop nie meer by rooi ligte nie

Motoris skryf per e-pos: Dit is net asof daar nie meer verkeersreëls bestaan nie.

Motoris skryf per e-pos:

Dit is vir my baie opvallend dat motoriste (veral in Brakpan) deesdae net nie meer weet wat dit beteken wanneer ‘n verkeerslig rooi is nie.

Ek ry, weens die aard van my werk, nogal baie en sien elke dag hoe mense bloot net weier om stil te hou.

En wanneer ek praat van motoriste sluit ek alle padverbruikers in. Minibusse, gewone voertuie, motorfietse en selfs kinders op fietse.

Ek het nou al mooi geleer om baie versigtig te wees, al is die verkeerslig groen vir my.

Dit is net asof daar nie meer verkeersreëls bestaan nie.

Dit is ook gewoonlik hierdie oortreders wat nie beseer word of sterf wanneer daar ‘n ongeluk is nie, maar eerder die onskuldige party.

Lees ook:

Sommige motoriste is padvarke

Ongeskikte bestuurder vra omverskoning

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version