Dankie aan Brakpan Radio Groep vir skoonmaak-projek

Inwoner, Dalview, skryf per e-pos: Vele hande maak ligte werk en ek het groot bewondering vir die Brakpan Radio Groep en ander inwoners wat iets doen en nie net sit en kla nie.

Inwoner, Dalview, skryf per e-pos:

Met verwysing na die voorbladberig in die Herald van 14 Julie (BRG leads clean-up effort).

Ek haal my hoed af vir die handjievol mense wat op ’n Sondag uit hul pad gaan om ’n verskil te maak. Ek is 66 jaar oud en het onlangs ’n knievervanging gehad, anders sou ek graag gaan help het.

Ek en my vrou woon al vir 44 jaar in Dalview en alhoewel die woonbuurt nog redelik goed daarna uitsien, laat ek my kop in skaamte vir sekere dele van die dorp sak.

Die lede van die Brakpan Radio Groep stel ’n briljante voorbeeld.

As elke trotse inwoner van die dorp elke dag net een papier of blik of bottel optel sal dit alklaar help.

Ons is bevoorreg genoeg om een keer per week ’n tuinier te hê en hy maak gereeld die oop area oorkant ons huis ook skoon. Dit vat niks van ons af nie.

Vele hande maak ligte werk en ek het groot bewondering vir die Brakpan Radio Groep en ander inwoners wat iets doen en nie net sit en kla nie.

Lees ook:

Metro fokus om probleemareas skoon te kry

Skoonmaak-projek by Brakpan Dam

Almal kla maar niemand lig ‘n vinger nie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version