Voetgangers stel hul lewe in gevaar

Motoris, Dalpark skryf per e-pos: Ek wil die laaste persoon op aarde wees wat iemand per ongeluk raakry omdat die persoon nie sigbaar is nie.

Motoris, Dalpark skryf per e-pos:

Ek woon in Brakpan maar werk in Kempton Park en kom saans eers tussen 5.30nm en 6nm by die huis aan.

Teen daardie tyd is dit donker. Sedert die begin van die winter moet ek ekstra versigtig wees. Ek kom oral voetgangers, wat in donker klere geklee is, teë. Dan praat ek nie eens van mense wat fietsry sonder dat daar ‘n lig aan die fiets is nie.

Op die aand van 22 Junie het ‘n man en ‘n vrou in Dalview gestap met ‘n baba in ‘n stootwaentjie.

Beide die man en vrou was in donker klere geklee en die stootwaentjie was swart. Hulle het basies in die pad geloop en ek het hulle rakelings gemis.

Ek verstaan baie goed dat almal nie voertuie besit nie en dat baie mense moet loop, maar loop dan op ‘n veilige plek en nie in die pad nie.

Ek voel ook dat fietsryers verplig moet word om ‘n lig aan hulle fiets te hê.

Ek wil die laaste persoon op aarde wees wat iemand per ongeluk raakry omdat die persoon nie sigbaar is nie.

Exit mobile version