Skaam vir die dorp

Inwoner, Dalview, skryf per e-pos: Dit is nie die publiek se verantwoordelikheid om die vuil strate skoon te maak en papiere op te tel nie.

Inwoner, Dalview, skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 19 Mei (Inwoners kan help om die dorp weer skoon te kry).

Alhoewel ek bewondering het vir die DA raadslede het, wat ten minste ‘n poging probeer aanwend om die dorp skoon te kry, sal ek beslis nie by so ‘n projek inskakel nie.

My rede: ek betaal elke liewe maand vir dienste, wat doodeenvoudig nie meer gelewer word nie.

Dit is nie die publiek se verantwoordelikheid om die vuil strate skoon te maak en papiere op te tel nie. Veral nie wanneer jy ander se gemors moet optel nie!

Dit is die plig van die Ekurhuleni Metro, want ons betaal dat dit gedoen word.

My erf, binne die vier mure, word skoon en netjies gehou.

Gelukkig het ek ook bure wat trots is op hul plekke en dit in stand hou.

Die foto wat by die berig geplaas is, is om die minste te sê skokkend en heeltemal onaanvaarbaar.

Waarom moet ons so leef? Gelukkig doen ek en my gesin ons beplanning so dat ons nooit meer deur die dorp moet ry of enige plekke daar besoek nie.

Ek was nooit skaam om te sê dat ek in Brakpan bly, nie maar deesdae probeer ek maar die vraag ontduik so vêr ek kan.

Lees ook:

Skole help om dorp skoner te kry

Mense wat soos varke mors verdien nie simpatie nie

 

Exit mobile version