Ma klap kind toe hy sê hy is dors

Geduldige Ma skryf per e-pos: Hoe ander mense hul kinders grootmaak het seker niks met my uit te waai nie, maar wanneer jou selfoon belangriker as jou kind raak, het jy ‘n probleem.

Geduldige Ma skryf per e-pos:

Ek was verstom toe ek Donderdag (27 April) gesien het hoe ‘n ma haar kind in ‘n besige winkel hanteer.

Ek is self ‘n ma van drie kinders, wat soms ongeduldig raak, maar hierdie vrou se optrede het my verstand te bowe gegaan.

Die Engelssprekende vrou was op haar selfoon besig om te tik. Haar seuntjie, wat seker so vier jaar oud is, het langs haar gestaan en vir haar gesê: “Mommy, I am thirsty”.

Sy het hom heeltemal geïgnoreer en voortgegaan om besig te bly met haar foon. Die kind het herhaal dat hy dors was en aan haar broekspyp getrek. Hy het nie gehuil nie en was nie neulerig nie. Hy het maar net vir sy ma probeer sê dat hy dors was.

Ek het hulle gestaan en dophou. Hy het dit aanhou sê, maar sy het nie eers die moeite gedoen om vir hom te sê dat sy hom hoor of afgekyk na hom toe nie.

Toe sy na omtrent vier minute klaar was op haar foon, het sy die kind ‘n harde klap op die boud gegee en gesê dat hy haar nie moet pla terwyl sy besig is op die foon nie.

Hoe ander mense hul kinders grootmaak het seker niks met my uit te waai nie, maar wanneer jou selfoon belangriker as jou kind raak, het jy ‘n probleem.

Lees ook:

Vrou wat kind klap laat almal staar 

Vrou klap kind so hard dat hy strompel

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version