Editor's noteLettersOpinion

Ongeskikte bestuurder vra omverskoning

Bekeerde, beskaamde, motorbestuurder skryf per e-pos: Mense, ek hoop julle sal my kan vergewe.

Bekeerde, beskaamde, motorbestuurder skryf per e-pos:

Ek hoop die betrokke mense lees my brief, of as hulle nie doen nie en iemand weet van die insident, bring dit onder hulle aandag asseblief.

Ek het Dinsdagoggend (18 April) werk toe gery en iets gedoen waaroor my gesig nou nog brand van skaamte.

Ek het in Van Der Merwestraat afgery en te vining gery, ongeskik voor ander motors ingedruk en amper ‘n ongeluk met ‘n wit bakkie veroorsaak.

Dit was voor die bruggie, toe my motor nie vinnig genoeg kon rem nie.

Ek kan redes en verskonings uitdink tot ek blou word in my gesig, maar dit sal nie regverdig wat ek gedoen het nie.

Ek was roekeloos en selfsugtig, punt.

Mense, ek hoop julle sal my kan vergewe. Ek het ons almal se lewens in gevaar gestel.

Ek is opreg jammer en onderneem om in die toekoms ’n bedagsame en verantwoordelike bestuurder te wees.

Hoop julle dag was mooi en goed, ten spyte van my onnadenkende optrede.

Leek ook: Dronkie raas so erg dat die honde tjank

Motoris stamp kind, ry net weg

Dronk vloekende man spuit motoris met pepersproei

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button