Editor's noteLettersOpinion

Dié ou gee motorfietsryers ‘n slegte naam

Inwoner, Brenthurst, skryf per e-pos: Ons woon in Brenthurst en word elke naweek getreiter deur ‘n persoon wat met sy motorfiets op en af in die strate rondjaag.

Verlede Sondag het die jong man voor die begraafplaas verby gery met ‘n jong kind agter op die motorfiets.

Nie een van hulle het ‘n valhelm gedra nie en my seun het op daardie stadium uit ons erf getrek en die motorfiets-maniak het amper in hom vasgery.

Wat sou gebeur het as daardie twee van die motorfiets afgeval het? Daar sou seker lang trane gewees het.

Aan die volwasse jong man kan ek maar net sê dat jy jou eie lewe in gevaar stel maar ook dié van die kind wat saam met jou gery het.

Ek hoop nie dit gebeur nie. Ons weet waar jy bly. Ongelukkig moet ons jou seker vasvat wanneer jy so wetteloos rondjaag, maar jy is te vinnig.

Maar slim vang sy baas en ek glo dit is net ‘n kwessie van tyd voordat jy sleg tweede gaan kom.

Behalwe die geraas wat jy maak, stel jy ook ander padverbruikers se lewe in gevaar.

My man besit self ‘n motorfiets en ons het niks teen motorfietsryers nie, maar hierdie ou gee vir ander motorfietsryers ‘n slegte naam.

Lees ook: 

Speed limit must go

Voortrekkerweg is ‘n renbaan 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button