Vislewe het moontlik ‘n knou gekry

Ek hoop maar net dat die Ekurhuleni Metro sal besef hoe groot die probleem eintlik is.

Dawie Pieterse, Brakpan-sentraal, skryf:

Ek vang graag vis by die Brakpan Dam maar soos almal weet was dit die laaste tyd nie moontlik nie weens die hiasinte wat so op die water begin groei het.

Ek volg die storie in die Herald nou al vir ‘n ruk en was bly om Vrydag (aanlyn) te sien dat die masjien, wat die plante moet uithaal, opgedaag het.

Lees: Watermaster has arrived

Dit is ‘n groot verligting maar ek glo nog steeds nie dit gaan 100 persent werk nie. As daar net een van daardie derduisende plante agter gelaat word gaan dit maar net weer begin groei en dan sal dit nie lank neem voor die hele dam weer toegegroei is nie.

Ek hoop maar net dat die Ekurhuleni Metro sal besef hoe groot die probleem eintlik is. Dit gaan nie help om net die grootste meerderheid van plante te verwyder nie.

Daar sal goed skoongemaak moet word en dan sal die situasie baie deeglik dopgehou moet word. Daar moet nie eers een plantjie oorbly nie.

Anders sal hierdie hele skoonmaakproses net ‘n mors van geld en tyd wees.

Ek glo ook die vislewe in die dam het ‘n groot knou gekry.

Lees ook: 

Service delivery in the spotlight

WATCH: Watermaster gets to work

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version