Editor's choiceLettersOpinion

Ouma en kleinkind voel bedreig in begraafplaas

A Diedericks skryf per e-pos: Ek het twee mans gesien aangeloop kom met ‘n graaf wat in ‘n plastiek sak toe gedraai was.

A Diedericks skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Brakpan Herald van 17 Februarie, “Begraafplaas nie veilig vir vroue”.

Ek wil graag deel wat Sondag (18 Februarie) met my gebeur het in ‘n poging om mense te waarsku om nie alleen na die Brakpan begraafplaas toe te gaan nie. Dit is regtig baie onveilig.

Ons, as gesin, gaan elke Sondag om ons geliefde se graf te besoek en blomme op die graf te sit.

Dié Sondagmiddag het ek, weens omstandighede, alleen saam met my kleindogter gegaan.

Ek het my bakkie in die paadjie, regoor die ry waar ons geliefde se graf is, gestop en uit geklim.

Ek het twee mans gesien aangeloop kom met ‘n graaf wat in ‘n plastiek sak toe gedraai was.

Ek het dadelik onrustig gevoel en het die selfone, wat in die bakkie gelê het, gebêre en die deure gesluit.

Lees: Begraafplaas hou gevaar in 

Ek en my kleindogter het toe in die ry af geloop tot by my seun se graf. Ek het my kleindogter aan die anderkant van die graf laat staan sodat sy hulle in die oog kan hou terwyl ek die blomme op die graf gesit het.

Die twee mans het eers agter in die bakkie se bak in geloer en toe by die bakkie voor in geloer. Die jonger een van die twee het toe by die bestuurder se kant bly staan, met die graaf nog steeds in sy hand.

Die ouer een het ‘n entjie weg geloop, maar het steeds onderlangs na ons gekyk. So het hulle toe bly staan.

My kleindogter was baie bang en wou nie terug gaan bakkie toe nie. Ek het haar gevat en toe verder weg geloop en my skoonseun en -dogter gebel, met haar selfoon wat sy by haar gehad het.

Hulle het gou opgedaag en toe hulle agter my bakkie stilhou was altwee die mans langs die bakkie.

Toe my dogter vir hulle vra wat hulle maak het die een geantwoord: “How can you ask me that? It is my son’s grave and we are here to clean the grave”.

Lees: Begraafplaas is in ‘n haglike toestand

Hy het na ‘n plek gewys, reg langs die bakkie.

Ek en my kleindogter het toe nader gestap en almal saam weg gery.

Ek en my man het later terug gery en daar was geen teken dat die mans ‘n graf skoongemaak het nie.

Vir my wys alles daarop dat die twee mans daar was met ander bedoelings.

Ons het ook verneem dat daar al gevalle was waar mense wel beroof is.

Die publiek, en veral vroue, moet nie alleen na die begraafplaas gaan nie. Dit is net te gevaarlik.

Lees ook: 

Are you aware of these cemetery by-laws?

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button