Geen aksie word geneem nie

Anoniem, van Dalview, skryf: Dit lyk vir my of ons raadslede, asook werknemers, van onder andere, die paaie- en parke afdelings, net agter hul lessenaars wil sit en ‘n stewige salaris ontvang.

Anoniem, van Dalview, skryf:

Ek is, as inwoner van Brakpan, vir baie jare trots gewees om te sê dat ek in Brakpan bly, maar ons dorp gaan by die dag net meer agteruit.

Dit lyk vir my of ons raadslede, asook werknemers, van onder andere, die paaie- en parke afdelings, net agter hul lessenaars wil sit en ‘n stewige salaris ontvang.

Hulle wil niks doen nie en hul houdings, in my oë, is pateties.

Ek het al vroeg in die jaar slaggate, in die strate waar ek moet ry, aangemeld. Dit het ek sedertdien drie keer gedoen, maar daar is geen aksie wat geneem word nie.

Ek het ook die toestand van die middelmannetjie in Van Der Waltstraat, Dalview, gerapporteer. Dit is gevaarlik as gevolg van laaghangende takke en ‘n mens kan nie aankomende verkeer sien nie. Daar word ook baie rommel gestrooi.

My mening is net: As jy nie belangstel om iets aan die saak te doen nie, behoort jy nie in so ‘n pos te wees nie. Gee dan ‘n ander persoon, wat sal belangstel in dit wat gedoen moet word, ‘n kans.

Also read:

How to claim for damages from the municipality

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Exit mobile version