Editor's noteLettersOpinion

Dit voel of ek my man in die steek gelaat het

Daar is geen manier dat ‘n vrou meer alleen na die begraafplaas kan gaan nie.

Leandi Vermeulen, Dalpark, skryf:

Ek besef hierdie onderwerp is al verskeie kere in die Brakpan Herald aangeraak, maar ek voel nietemin dat ek graag ook my opinie wil lug oor die toestand van die Brakpan Begraafplaas.

Dit is absoluut skokkend dat die finale rusplek van derduisende mense so agteruit moet gaan.

Dit is verder ook onaanvaarbaar dat ek, as belastingbetaler, onveilig voel en heeltyd oor my skouer moet kyk wanneer ek my geliefde se graf gaan besoek.

Dit is verder ‘n skande dat die toegangshekke afgebreek of gesteel is.

Indien ek 10 jaar gelede, toe ek my man daar ter ruste gelê het, geweet het hoe erg die agteruitgang gaan wees, sou ek eerder verassing oorweeg het.

Daar is geen manier dat ‘n vrou meer alleen na die begraafplaas kan gaan nie.

Die bietjie instandhouding wat gedoen word, kan maar net sowel ook nie plaasvind nie.

Ek sou voorstel dat ‘n betroubare, eerlike en hardwerkende kontrakteur aangestel word om die plek reg te ruk.

Maar dit, weet ek, sal seker nooit gebeur nie.

Dit voel of ek my man in die steek laat.

Lees ook: 

Begraafplaas hou gevaar in 

Begraafplaas is in ‘n haglike toestand

Are you aware of these cemetery by-laws?

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button