Editor's choiceLettersOpinion

Vuurwerke ry vakansie in die wiele

Vier jaar gelede, toe ons dit wel gewaag het om weg te gaan, het my vier honde so bang geword dat die persoon wat in ons huis gebly het nie meer geweet het wat om te doen nie.

Anti-vuurwerke, Brenthurst, skryf:

Dit is die soveelste jaar dat ek en my gesin nie gedurende Desember gaan vakansie hou nie, danksy idiote wat steeds dink dit is oulik om klappers te skiet of vuurwerke na willekeur te laat afgaan.

Elke jaar dink ek dat die inwoners van Brenthurst en die omliggende areas meer opgevoed sal raak, maar jaar na jaar word ek teleurgestel.

Vier jaar gelede, toe ons dit wel gewaag het om weg te gaan, het my vier honde so bang geword dat die persoon wat in ons huis gebly het nie meer geweet het wat om te doen nie.

Vanjaar was daar, net soos verlede jaar, weer ‘n handjie vol mense wat daarop uitgegaan het om almal se lewe te versuur.

Ek glo dit is werklik waar net ‘n paar mense wat nog nie besef het watter impak die vuurwerke op troeteldiere het nie.

Wat my verstand te bowe gaan is dat ‘n mens nog die verpeste goed kan koop. Gedurende die feesseisoen, het ‘n vriendin vir my gesê, het die straatsmouse by die Mall@Carnival se verkeerslig selfs vuurwerke verkoop.

Ek het steeds my vier honde en twee katte en ons sal hierdie jaar seker weer by die huis moet bly, danksy onopgevoede, oningeligte en moedswillige mense wat net nie omgee nie.

Lees ook: 

Nuuswenke is altyd welkom 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button