Toestand by Minnebron stortingsterrein is skokkend

Ek wonder maar net waar gaan die geld heen wat ons elke maand aan Ekurhuleni betaal vir dienste wat gelewer moet word.

Jimmy van Minnebron skryf per e-pos:

Die mini-stortingsterrein, wat naby Minnebron geleë is, bars uit sy nate as gevolg van vullis wat nie verwyder word nie. Die situasie is al reeds so sedert 12 Desember 2016.

Volgens die werkers, waarmee ek gesels het, is al die voertuie gebreek.

Die stank is onuithoudbaar en ek glo dit hou ‘n gesondheidsrisiko in vir die werkers wat die hele dag daar moet wees.

Hulle het my selfs gevra om foto’s te neem en vir die Herald te stuur.

Ek wonder maar net waar gaan die geld heen wat ons elke maand aan Ekurhuleni betaal vir dienste wat gelewer moet word.

Redakteur se nota: 

Die Herald het die Ekurhuleni Metro gevra vir kommentaar. Sodra dit ontvang word sal dit gepubliseer word.

Lees ook:

Nuuswenke is altyd welkom 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version