Andrea Steyn, Brenthurst, skryf per e-pos:
Ek en my kinders het gou gisteroggend Benoni toe gery en in Prince Georgelaan het ek ‘n baie oulike ding gesien.
By ‘n huis, in die straat, het die inwoners ‘n tafel op die sypaadjie geplaas waarop daar botteltjies konfyt, vrugte en groente was.
Op ‘n karton was daar geskryf “It’s free from Jesus to you”.
Ek het gedink dit is so mooi gebaar van die mense om kos weg te gee. Vandag lewe mense net vir hulle self en dit is nie iets wat ‘n mens elke dag sien nie.
Lees ook:
Jong man ruil pap band in ‘n japtrap
Volg ons: