Editor's noteLettersOpinion

Vullis word steeds ongereeld verwyder

Sondagoggend is die enigste oggend waneer ek laat kan slaap en toe word ek wakker gemaak met iemand wat aanhoudend op ’n toeter druk.

“Nie-gelukkig” skryf per e-pos:

Ek sien in die Herald van 28 Oktober die mense is lekker omgekrap oor die vullisverwydering (Inwoners keelvol oor vullisverwydering).

Ek wil my stem by al die ander voeg.

Brenthurst se vullis is verlede Donderdag weereens nie verwyder nie en ons blikke het maar gestaan en gestaan. ’n Mens weet nie meer wanneer om dit uit te sit nie, want as jy dit in die straat los, word dit gesteel.

Sondagoggend is die enigste oggend waneer ek laat kan slaap en toe word ek wakker gemaak met iemand wat aanhoudend op ’n toeter druk.

Ek het gaan kyk en maar net my kop geskud toe ek sien dit is die vullisverwyderings vragmotor wat uiteindelik ons vullis kom haal.

Ek het myne die vorige dag self na die stortingsterrein geneem, maar ek is nietemin gevra vir koue water of koeldrank.

Kry hierdie mense dalk dubbeltyd op ’n Sondag?

Redakteur se nota: Die Herald het die Ekurhuleni Metro genader vir kommentaar oor die wisselvallige vullisverwydering. Die kommentaar wat ontvang is, kan hier gelees word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button